Die Hubble- Ekstreme Diepveld (XDF). Buiten ’n paar sterre is elke ligkolletjie ’n hele sterrestelsel – sommige is tot 13,2 miljard jaar oud.[1]
Die Hubble- Ekstreme Diepveld (Engels: Hubble eXtreme Deep Field, XDF) is ’n foto van ’n klein deel in die middel van die Hubble-ultradiepveld (HUDF) binne die sterrebeeldOond waarop van die eerste sterrestelsels in die heelal gesien kan word.[1][2]
Die Ekstreme Diepveld is 2,3 x 2 boogminute groot,[3] of sowat 80% van die oppervlakte van die HUDF. Dit is op 25 September 2012 deur Nasa uitgereik en wys sterrestelsels tot 13,2 miljard jaar gelede. Die beligtingstyd was twee miljoen sekondes, of sowat 23 dae.
Die XDF voeg 5 500 sterrestelsels by dié wat in die HUDF ontdek is.[4]